Lifeblood of Venterstad - Lake Gariep

Foto spreek 'n Duisend woorde

Deel julle foto's met ons

Venterstad is op die roete wat Lake !Gariep omsingel. Deel van die Oos Kaap Toerisme


Hoor niks

Iets gehoor wat julle met ons wil deel?

Sien niks

Iets gesien wat julle met ons wil deel?

Sê niks

Iets te sê, dalk gaan iemand luister!

Ons mense

Image

Ons innige simpatie aan Cynthia Strydom met die afsterwe van haar man Ronnie.  Ons dink aan haar, die kinders en kleinkinders en bid julle sterkte toe.

Baie geluk aan Pieter en Chrismari Stone wat op 3 Mei in die huwelik getree het op Venterstad.  Die onthaal het plaasgevind op die plaas Gelykfontein van Christa en Schalk van der Walt.  (Foto volg later).

Baie geluk aan Edgar en Shirley Adam met die viering van hul goue bruilof.  Die kinders het vir hulle ‘n heerlike onthaal gereël in ‘n markiestent in Hotel Wild se tuin.  Baie geluk met die besonderse mylpaal!

Ons wil vir Willie en Maryna Jordaan baie geluk sê met hul seun, Theuns, se toekenning.  Alhoewel ons ‘n klein gemeenskappie is, staan die Venterstad kinders hul plek vol waar hulle hul ookal bevind en is ons kinders ons trots.  Geluk aan Theuns Jordaan en Juanita du Plessis met hul gesogte KANNA toekenning wat hulle verower het tydens ‘n gesamentlike optrede by die pas afgelope Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn.  Dit was vir hul produksie Bring jou hart  wat ook op ‘n DVD beskikbaar is. 

Article - 16 May 2008

 

 

Ons dink in ons gebede aan Willie Jordaan en gesin. Willie het ‘n baie groot en ernstige operasie in Kaapstad ondergaan. Ons wens hom ‘n spoedige beterskap toe. Annatjie Roelofse was in Bloemfontein vir toetse en sterk tans tuis aan. Gaan loer gerus daar in.

We wish Estelle Vornam everything of the best with her visit to the Specialist in Bloemfontein.

Baie welkom aan Collen Kapp en Lizette Henning wat die stad verruil het vir Venterstad. Ons hoop julle sal gelukkig wees in die gemeenskap. Hulle is albei werksaam by die Klipwinkel waar u gerus ‘n draai kan gaan maak. Daar is elke maand pryse om te wen.
Article - 14 March 2008


How Dangerous is PVC?

Image

Please save our environment ... PVC
Article - 14 March 2008


News

On the Side

Museum

Burgersdorp Museum:
Website now online
Visit Museum

Burgersdorp website
Visit Burgersdorp

Contact

(079)892-8188
(072)806-1748
News@
Venterstad.ZA.NET

Thanks

Articles reproduced with the kind permission of the
"Uit ons Kontrei" owners.
R.Marais & L.Sauer